Y-Prime, LLC Privaatheidsbeleid

Doel
Y-Prime, LLC (YPrime) is tot deursigtigheid verbind wanneer dit by die insameling en gebruik van persoonlike data kom. In hierdie kennisgewing word YPrime se verbintenis tot privaatheid, databeskerming en individuele regte en verpligtinge in verband met persoonlike data uiteengesit.

Hierdie kennisgewing is van toepassing op alle persoonlike data van kliënte, deelnemers aan kliniese proewe, verkopers, werkaansoekers, werknemers, kontrakteurs, vorige werknemers van en besoekers aan YPrime se webwerf (soos webkoekies en internet-etikette) wat aan YPrime verskaf word of deur YPrime ingesamel en verwerk word.

Jou Kaliforniese privaatheidsregte
Kragtens Kalifornië se “Shine the Light”-wet is inwoners van Kalifornië wat sekere persoon-identifiseerbare inligting verskaf in verband met die verkryging van produkte of dienste vir persoonlike, gesins- of huishoudelike gebruik, daarop geregtig om (een maal per kalenderjaar) inligting van ons af te versoek en te verkry omtrent die kliënte-inligting (indien enige) wat ons met ander sakeondernemings vir hul eie direkte bemarkingsgebruik gedeel het.  Indien van toepassing sou hierdie inligting die kategorieë kliënte-inligting en die name en adresse van daardie ondernemings insluit met wie ons kliënte-inligting vir die onmiddellik voorafgaande kalenderjaar gedeel het (bv. versoeke wat in 2021 gerig is, sal inligting aangaande 2020 se deelaktiwiteite ontvang, indien enige).

Om hierdie inligting te ontvang, stuur asseblief ’n e-posboodskap aan privacy@yprime.com met “Request for California Privacy Information” in die onderwerpreël en in die hoofdeel van jou boodskap. In antwoord daarop sal ons die verlangde inligting na jou e-posadres aanstuur.

Wees asseblief daarvan bewus dat nie alle inligtingsdeling deur die “Shine the Light”-vereistes gedek word nie en slegs inligting oor gedekte deling sal by ons antwoord ingesluit word.

YPrime respekteer individuele privaatheid en heg waarde aan die vertroulikheid van sy kliënte, werknemers, deelnemers aan kliniese proewe, verbruikers, sakevennote en ander mense. YPrime streef daarna om persoonlike data in te samel, te gebruik en openbaar te maak op ’n manier wat ooreenstem met die wette van die lande waarin hy sake doen, maar het ook ’n tradisie om die hoogste etiese standaarde in sy sakepraktyke te handhaaf.

Vrae omtrent hierdie kennisgewing of versoeke om meer inligting moet aan privacy@yprime.com gerig word. YPrime voldoen aan die Algemene Databeskermingsregulasie (“GDPR”).

Hierdie kennisgewing kan van tyd tot tyd bygewerk word. Wanneer wesenlike bywerkings gedoen word, sal die datum van die laaste hersiening aan die einde van die bladsy gewys word.

Definisies
“Databeheerder” is ’n natuurlike persoon of regspersoon, openbare owerheid, agentskap of ander liggaam wat alleen of tesame met ander die doeleindes en wyses van die verwerking van persoonlike data bepaal.

“Dataonderwerp” is ’n geïdentifiseerde of identifiseerbare natuurlike lewende persoon.

“GDPR” is die Europese Unie se Algemene Databeskermingsregulasie (“General Data Protection Regulation”)

“Persoonlike data” is enige inligting wat verband hou met ’n lewende individu wat uit daardie inligting geïdentifiseer kan word. Kragtens die GDPR is hierdie data bekend as “persoon-identifiseerbare inligting”.

“Verwerking” is enige gebruik wat van data gemaak word, insluitend die insameling, berging, wysiging, openbaarmaaking of vernietiging daarvan.

“Dataverwerker” is ’n natuurlike persoon of regspersoon, openbare owerheid, agentskap of ander liggaam wat persoonlike data namens die databeheerder verwerk.

“Spesiale kategorieë persoonlike data” beteken inligting omtrent ’n individu se ras- of etniese oorsprong, data oor misdaadrekords, politieke opinies, godsdienstige of filosofiese oortuigings, vakbondlidmaatskap, gesondheid, sekslewe of seksuele oriëntasie en biometriese data en wat ’n vorm van persoonlike data is.

“Data oor misdaadrekords” beteken inligting omtrent ’n individu se strafregtelike skuldigbevindings en oortredings en inligting in verband met strafregtelike klagte en sake.

Databeskermingsbeginsels
YPrime verwerk persoonlike data volgens die volgende databeskermingsbeginsels:

  • Verwerk persoonlike data regverdig, wettig en op ’n deursigtige wyse.
  • Samel persoonlike data in slegs vir gespesifiseerde, uitdruklike en wettige doeleindes.
  • Verwerk persoonlike data slegs waar dit voldoende, relevant en beperk is tot wat nodig is vir die doeleindes van verwerking.
  • Hou akkurate persoonlike data en doen alle redelike stappe om te verseker dat onakkurate persoonlike data sonder versuim reggestel of geskrap word.
  • Hou persoonlike data slegs vir die periode wat vir verwerking nodig is.
  • Stel toepaslike maatreëls in om te verseker dat persoonlike data beveilig en beskerm is teen ongemagtigde of onwettige verwerking en onvoorsiene verlies, vernietiging of skade.

YPrime neem verantwoordelikheid vir hoe hy persoonlike data bekom, verwerk en daarvan ontslae raak en vir voldoening aan die bogenoemde beginsels.

  • Verwerk persoonlike data regverdig, wettig en op ’n deursigtige wyse.
  • Samel persoonlike data in slegs vir gespesifiseerde, uitdruklike en wettige doeleindes.
  • Verwerk persoonlike data slegs waar dit voldoende, relevant en beperk is tot wat nodig is vir die doeleindes van verwerking.
  • Hou akkurate persoonlike data en doen alle redelike stappe om te verseker dat onakkurate persoonlike data sonder versuim reggestel of geskrap word.
  • Hou persoonlike data slegs vir die periode wat vir verwerking nodig is.
  • Stel toepaslike maatreëls in om te verseker dat persoonlike data beveilig en beskerm is teen ongemagtigde of onwettige verwerking en onvoorsiene verlies, vernietiging of skade.
  • Neem verantwoordelikheid vir hoe hy persoonlike data bekom, verwerk en daarvan ontslae raak en vir voldoening aan die bogenoemde beginsels.

Waar YPrime as die databeheerder beskou word, laat hy individue in sy privaatheidskennisgewings weet wat die redes vir die verwerking van hul persoonlike data is, hoe hy sodanige data gebruik en wat die regsbasis vir verwerking is en word persoonlike data van individue nie om ander redes verwerk nie. Waar YPrime op sy wettige belange staatmaak as die basis van dataverwerking, sal hy ’n assessering uitvoer om seker te maak dat daardie belange nie deur die regte en vryhede van individue geneutraliseer word nie. YPrime sal persoonlike data onmiddellik bywerk indien ’n individu kennis gee dat sy/haar inligting verander het of onakkuraat is.

Waar YPrime as die dataverwerker of subverwerker beskou word, sal hy die persoonlike data slegs in ooreenstemming met die toepaslike wette, reëls en regulasies verwerk en soos spesifiek deur die databeheerder aangedui.

Persoonlike data wat gedurende werknemer-en-kontrakteur-verhoudings ingesamel word, word in die individu se personeellêer gehou, op harde kopie of in elektroniese formaat en op YPrime se mensehulpbronstelsels. Die tydperke waarvoor YPrime sodanige mensehulpbronverwante persoonlike data hou, word vervat in sy privaatheidskennisgewings wat aan individue uitgereik is.

YPrime se bedryfs- en instandhoudingskontrakteurs het soms gedurende die verskaffing van produkte of dienste aan YPrime beperkte toegang tot persoonlike data. Toegang tot persoonlike data deur hierdie kontrakteurs is beperk tot wat redelik nodig is vir die kontrakteur om sy beperkte funksie vir YPrime uit te voer. YPrime vereis dat sy bedryfs- en instandhoudingskontrakteurs: (1) die privaatheid van enige persoonlike data ooreenkomstig hierdie kennisgewing beskerm en (2) persoonlike data nie vir enige doel gebruik of openbaarmaak behalwe om YPrime van produkte en dienste te voorsien nie, soos deur die wet vereis.

YPrime hou ’n rekord van sy aktiwiteite om persoonlike data te verwerk, ooreenkomstig die vereistes van die GDPR.

Individuele regte
As ’n dataonderwerp het individue ’n aantal regte in verband met hul persoonlike data.

Versoeke om onderwerptoegang

Individue het die reg om te weet watter persoonlike data omtrent hulle deur YPrime beheer en verwerk word en om te verseker dat sodanige persoonlike data akkuraat en relevant is vir die doeleindes waarvoor YPrime dit ingesamel het. Indien ’n individu ’n redelike versoek rig, sal YPrime hom/haar laat weet:

  • of sy/haar data verwerk word en indien wel, waarom, die kategorieë persoonlike data betrokke en die bron van die data as dit nie van die individu ingesamel is nie;
  • aan wie sy/haar data openbaargemaak is of mag word, insluitend aan ontvangers wat buite die Europese Ekonomiese Gebied (EEA) geleë is en die beskermingsmaatreëls wat op sodanige oordragte van toepassing is;
  • vir hoe lank sy/haar persoonlike data gestoor word (of hoe daar op daardie periode besluit word);
  • sy/haar regte op regstelling of skrapping van data, of om verwerking te beperk of daarteen beswaar te maak;
  • sy/haar reg om ’n klag by die relevante toesighoudende owerheid vir dataprivaatheid in te dien indien hy/sy meen dat YPrime nie aan sy/haar databeskermingsregte voldoen het nie; en
  • of YPrime geoutomatiseerde besluitneming uitvoer of nie en die logika wat by enige sodanige besluitneming betrokke is.

YPrime sal die individu ook voorsien van ’n afskrif van die persoonlike data wat met verwerking ingesamel is. Dit sal normaalweg in elektroniese formaat wees indien die individu ’n elektroniese versoek gerig het, tensy die individu anders versoek.

Indien die individu bykomende afskrifte versoek, kan YPrime ’n redelike koste hef wat gebaseer sal wees op die administratiewe koste daarvan om die bykomende afskrifte te verskaf.

Om sodanige versoek om onderwerptoegang te rig, moet die individu ’n e-posboodskap aan marketing@yprime.comstuur. In feitlik alle gevalle word daar wetlik van YPrime vereis om bewys van identiteit te vra voordat die versoek verwerk kan word.  In sommige gevalle kan dit nodig wees dat YPrime die databeheerder kontak indien YPrime die dataverwerker (of subverwerker) is, indien van toepassing.

YPrime sal normaalweg binne ’n periode van een maand vanaf die datum wat dit ontvang is, op ’n versoek reageer. In sommige gevalle, soos wanneer YPrime groot hoeveelhede van die individu se data verwerk, kan hy binne drie maande vanaf die datum wat die versoek ontvang is, reageer. YPrime sal binne een maand vandat die oorspronklike versoek ontvang is, aan die individu skryf om hom/haar te laat weet indien dit die geval is.

Indien ’n versoek om onderwerptoegang sigbaar ongegrond of uitermatig is, is YPrime nie verplig om daaraan te voldoen nie. Aan die ander kant kan YPrime instem om te reageer, maar sal ’n koste hef wat gebaseer sal wees op die administratiewe koste daarvan om op die versoek te reageer. ’n Voorbeeld van wanneer ’n versoek om onderwerptoegang waarskynlik as sigbaar ongegrond of uitermatig geag sal word, is waar ’n versoek waarop YPrime reeds gereageer het, herhaal word. Indien ’n individu ’n versoek indien wat ongegrond of uitermatig is, sal YPrime hom/haar in kennis stel dat dit die geval is en of hulle daarop sal reageer of nie.

Ander regte
Individue het ’n aantal ander regte in verband met hul persoonlike data. Individue kan van YPrime vereis om:

  • hulle in te lig omtrent die insameling en gebruik van hul persoonlike data;
  • onakkurate persoonlike data te korrigeer;
  • die verwerking van persoonlike data te stop of dit te skrap wanneer dit nie meer vir die doeleindes van verwerking nodig is nie;
  • hul persoonlike data steeds te berg, maar dit nie te gebruik nie;
  • in sekere gevalle, soos vir direkte bemarking, ’n individu se reg om beswaar te maak teen die verwerking van hul persoonlike data te respekteer;
  • hulle in ’n draagbare formaat van hul persoonlike data te voorsien sodat dit maklik na ’n ander IT-omgewing oorgedra kan word. Ons sal gewoonlik aan hierdie versoek voldoen deur die data in die formaat van ’n “komma-geskeide-waardes” (csv)-lêer te voorsien;
  • ’n individu se regte in verband met geoutomatiseerde besluitneming gebaseer op hul persoonlike data te respekteer;
  • persoonlike data op te hou verwerk of dit te skrap indien die individu se belange YPrime se wettige gronde vir die verwerking van persoonlike data neutraliseer (waar YPrime op sy wettige belange staatmaak as ’n rede vir die verwerking van persoonlike data);
  • op te hou om persoonlike data te verwerk of dit te skrap indien verwerking onwettig is; en
  • vir ’n tydperk op te hou om persoonlike data te verwerk indien data onakkuraat is of indien daar ’n dispuut is omtrent of die individu se belange YPrime se wettige gronde vir die verwerking van persoonlike data neutraliseer of nie.

Om YPrime te vra om enige van hierdie stappe te doen, moet die individu ’n e-posboodskap aan marketing@yprime.comstuur.

EU-persone (EU-dataonderwerpe) kan by hul tuisdatabeskermingsowerheid beswaar maak en kan hulle op bindende arbitrasie beroep vir sommige oorblywende eise wat nie deur ander regstellende meganismes opgelos is nie.
Indien jy ’n opmerking of bekommernis het wat nie direk met ons opgelos kan word nie, kan jy ook die regsbevoegde plaaslike databeskermingsowerheid kontak.

Datasekuriteit
YPrime neem die sekuriteit van persoonlike data ernstig op. YPrime het interne beleid en kontroles ingestel om persoonlike data te beskerm teen verlies, toevallige vernietiging, wangebruik of openbaarmaking en om te verseker dat geen toegang tot data moontlik is behalwe vir werknemers in die behoorlike uitvoering van hul pligte nie.

Waar YPrime derde partye betrek om persoonlike data namens hulle te verwerk, doen sodanige partye dit op die basis van geskrewe instruksies, is hulle onder plig van vertroulikheid en verplig om toepaslike tegniese en organisatoriese maatreëls toe te pas om die sekuriteit van data te verseker.

YPrime erken potensiële aanspreeklikheid in gevalle waar persoonlike data na derde partye oorgedra kan word. YPrime sal nie enige persoonlike data na ’n derde party oordra sonder om eers seker te maak dat die derde party beginsels of soortgelyke wette nakom wat ’n voldoende en ekwivalente beskermingsvlak bied nie. YPrime dra nie persoonlike data na onverwante derde partye oor nie, tensy wettig aangewys deur ’n kliënt of ’n ander databeheerder. Sodanige omstandighede sou byvoorbeeld openbaarmakings van ’n kliënt se persoonlike data insluit soos deur die wet of regsproses vereis, of openbaarmakings wat gedoen word in die wesenlike belang van ’n identifiseerbare persoon soos diegene wat by lewe, gesondheid of veiligheid betrokke is. As YPrime versoek sou word om persoonlike data na ’n onverwante derde party oor te dra, sal YPrime seker maak dat sodanige party ’n voldoende en ekwivalente beskermingsvlak verskaf. Sou YPrime uitvind dat ’n onverwante derde party wat persoonlike data van YPrime ontvang het, persoonlike data gebruik of openbaarmaak op ’n wyse wat teenstrydig met hierdie kennisgewing is, sal YPrime redelike stappe doen om die gebruik of openbaarmaking te verhoed of te stop.

Impakassesserings
Sommige van die verwerking wat YPrime uitvoer, kan risiko\’s vir privaatheid tot gevolg hê. Waar verwerking ’n hoë risiko vir ’n individu se regte en vryhede kan meebring, sal YPrime ’n impakassessering vir databeskerming uitvoer om die noodsaaklikheid en eweredigheid van verwerking te bepaal. Dit sal die oorweging van die doelwitte waarvoor die aktiwiteit uitgevoer word, insluit, asook die risiko’s vir individue en die maatreëls wat ingestel kan word om daardie risiko’s te verminder.

Dataskending
Indien YPrime ontdek dat daar ’n skending van persoonlike data was wat ’n risiko vir die regte en vryhede van individue inhou, sal hy dit binne 72 uur van ontdekking aan die inligtingskommissaris rapporteer. YPrime sal rekord hou van alle dataskendings, ongeag die gevolge daarvan.

Indien dit waarskynlik is dat die skending ’n hoë risiko vir die regte en vryhede van individue inhou, sal YPrime geaffekteerde individue laat weet dat daar ’n skending was en hulle voorsien van inligting omtrent die waarskynlike gevolge en die versagtende maatreëls wat YPrime geneem het.

Internasionale dataoordragte
Persoonlike data wat deur YPrime beheer of verwerk word, kan na lande buite die EEA oorgedra word.

YPrime verseker voldoening aan hierdie kennisgewing deur standaardkontrakklousules te gebruik waar van toepassing en deur enige klagte of dispuut aangaande die gebruik en openbaarmaking van persoonlike data wat hierdie kennisgewing oortree, ten volle te ondersoek en te poog om dit op te los.

YPrime-werknemerverantwoordelikhede
YPrime-werknemers kan gedurende hul indiensneming moontlik toegang hê tot die persoonlike data van ander individue en van ons kliënte.  Waar dit die geval is, maak YPrime op individue staat om te help om sy databeskermingsverpligtinge teenoor personeel en kliënte na te kom.

Daar word van werknemers wat toegang tot persoonlike data het, vereis om:

  • slegs toegang te kry tot data waartoe hulle magtiging tot toegang het en slegs vir gemagtigde doeleindes;
  • nie data openbaar te maak nie, behalwe aan individue wat toepaslike magtiging het, of hulle binne of buite YPrime is;
  • data veilig te hou, byvoorbeeld deur te voldoen aan reëls vir toegang tot persele, rekenaartoegang, insluitend wagwoordbeskerming en beveiligde lêerberging en -vernietiging;
  • nie persoonlike data of toestelle wat persoonlike data bevat of wat gebruik kan word om toegang tot persoonlike data te verkry van YPrime-persele te verwyder sonder om toepaslike sekuriteitmaatreëls soos enkripsie of wagwoordbeskerming in te stel om die data en die toestel te beveilig nie;
  • nie persoonlike data op plaaslike skyfaandrywers of op persoonlike toestelle wat vir werkdoeleindes gebruik word, te berg nie; en
  • dataskendings waarvan hulle bewus word, onmiddellik aan privacy@yprime.com te rapporteer.

Die versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, kan ’n dissiplinêre oortreding beteken, wat ingevolge YPrime se tugbeleid en -prosedures gehanteer sal word.

YPrime sal, as deel van die induksieproses en teen gereelde intervalle daarna, aan alle werknemers opleiding verskaf omtrent hul databeskermingsverantwoordelikhede.

Werknemers wie se rolle gereelde toegang tot persoonlike data vereis, of wat verantwoordelik is vir die toepassing van hierdie kennisgewing of vir die beantwoording van versoeke om onderwerptoegang kragtens hierdie kennisgewing, sal bykomende opleiding ontvang om hulle te help om hul pligte te verstaan, asook hoe om daaraan te voldoen.

Internetprivaatheid
YPrime, of derde partye onder die bestuur van YPrime, kan moontlik persoonlike data deur sy webwerf en deur besoekers se interaksie met elemente van sy webwerf insamel, wat ook onderworpe is aan hierdie kennisgewing. Sodanige persoonlike data kan ingesamel word wanneer ’n individu sy of haar naam en/of adres indien. YPrime, of derde partye onder die bestuur van YPrime, kan ook moontlik inligting insamel omtrent besoeke aan die YPrime-webwerf sonder dat ’n individu inligting aktief indien, deur verskeie geoutomatiseerde digitale maniere soos IP-adresse, webkoekie-identifiseerders, pieksels en endgebruikerwebwerfaktiwiteit. Hoewel die inligting wat deur sodanige geoutomatiseerde maniere ingesamel word, spesifieke individue nie direk identifiseer nie, stuur internetwebblaaiers inligting aangaande die sagteware wat ’n gebruiker se rekenaar bedryf, outomaties na die YPrime-webwerf, soos IP-adres en blaaierweergawe. Inligting wat met behulp van hierdie tegnologieë ingesamel word, kan nie gebruik word om individue sonder bykomende identifiseerbare inligting te identifiseer nie.

Webkoekies
YPrime gebruik webkoekies wat klein datalêers is wat deur ons platform bedien word en op jou toestel geberg word. Ons webwerf gebruik webkoekies wat vir ’n verskeidenheid doeleindes deur ons of deur derde partye afgelaai word, insluitend om die webwerf te bedryf en te verpersoonlik om gebruikerervaring te verbeter en vir geteikende reklamedoeleindes. Webkoekies sal moontlik teen die einde van jou blaaiersessie verstryk of dit kan op jou rekenaar geberg word om gereed te wees wanneer jy die webwerf weer besoek. Jy kan die instel van webkoekies verhoed deur die instellings op jou blaaier te verstel (kyk in jou blaaier se “Hulp”-afdeling hoe om dit te doen). Die deaktivering van webkoekies sal jou ervaring van ons webwerf raak.

Weergawe 9, laas opgedateer 25 Maart 2023

Scroll to Top